Hoër Volkskool Heidelberg (Volkies)  het op 18 Februarie 2017 algeheel  tweede van sewe skole geëindig tydens die Interhoër op Sasolburg in die DP de Villiers stadion.

Skole waarteen hulle gekompeteer het was Dr. Malan, Vereeniging Gimnasium, Hoërskool  Overvaal, Hoërskool Drie Riviere, Phoenix High en  Genl. Smuts.

Volkskool het die  persentielbeker met 108% gewen.

 

Nege nuwe rekords is deur Volkies se atlete opgestel. Jane Botha / Robbinn Thorburn – 200m;  JJ Du Plessis – 200m; Carli Engelbrecht / Bianke Schoeman – 200m;  Bianke Schoeman – 100m Hekkies; Danielle Verwoerd – 400m; Danielle Verwoerd – 800m; Danielle Verwoerd – 1 500m; Nica Human –Hoogspring en Karel Olwage – Hoogspring.

Vyf uit tien van die aflos dogterspanne het gewen. 0/14: 1ste; 0/15: 1ste;  0/16: 3de; 0/17: 1ste en  0/19: 2de.

Die seuns aflosspanne het die volgende gewen:  0/14: 1ste; 0/15: 1ste;  0/16: 2de en  0/17: 3de.

Die aantal medaljes wat verower is, was (38) Goud;  35 Silwer en 33 Brons.

Hulle sang het die  trofee verower vir beste Afrikaanse liedjie vir die dag!  Volkies rock!!!!!